Polisiekonstabel tydens inbraak geskiet

Pront, plaaslik en Afrikaans: Skakel in op 100.5FM vir Laeveld nuus.
misdaad

‘n 34-jarige polisiekonstabel is in die vroeë oggend van Vrydag by Edwaleni naby Kabokweni doodgeskiet toe hy saam met kollegas op ‘n inbraak by ‘n snoepie gereageer het.
Mzwandile Innocent Mthana was verbonde aan sigbare polisiëring in Kabokweni.
Volgens die polisie het ses verdagtes met hul aankoms op die toneel op polisielede geskiet.
‘n Verdagte is ook noodlottig gewond.
Die provinsiale polisiekommissaris, luit. gen. Semakaleng Manamela, en die LUR vir gemeenskapsveiligheid in Mpumalanga, Vusi Shongwe, het hul medelye met die polisiekonstabel se familie betuig en vra enigiemand met inligting om na vore te kom.
Sien ook: Tweede verdagte vas vir polisieman se moord