Laeveld Lugskou beloof onvergeetlike oomblikke

Skakel in op 100.5FM vir plaaslike nuus in Afrikaans.

Die Die lugvaartpionier, Scully Levin, is Saterdag in aksie by die Absa Laeveld Lugskou.
Dit is die eerste keer sedert die Covid-19-pandemie dat die uiters gewilde lugskou weer aangebied word.
Van Suid-Afrika se beste vertoonvlieëniers sal sorg vir onvergeetlike oomblikke by die Ou Nelspruit-lughawe.
Vir Levin is ‘n absolute hoogtepunt van die Laeveld Lugskou ook die sonsondergangvertoning, kompleet met vuurwerke.
Hy het gesels met Ludi en Mireille oor kunsvlieg.
Luister weer hier:

Foto: Russell Dixon-Paver Facebook