100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Twee aangekeer wat glo 51 Putco-busse brand

Written by on January 29, 2025

Die Mpumalanga LUR vir Openbare Werke, Paaie en Vervoer, Thulasizwe Thomo, vergader vandag saam met die LUR vir Gemeenskapsveiligheid, Jackie Macie, met Putco-bestuur in Moloto om ‘n oplossing vir die krisis te bespreek.

Dit volg na 51 Putco-busse Maandagaand uitgebrand het toe dit in die Nkangala-distrik aan die brand gesteek is.

Die minister van Vervoer, Barbara Creecy, het gelas dat haar departement en die Nasionale Gesamentlike Operasionele en Intelligensiestruktuur dringend vergader om ‘n reaksieplan saam te stel oor aanvalle op busse.

Sy het dit as ekonomiese sabotasie beskryf.

Twee verdagtes is gisteraand weens die voorval in hegtenis geneem.

Die polisiewoordvoerder in Mpumalanga, brig. Donald Mdhluli, sê nog arrestasies word verwag. 

Luister:

51 Putco-busse in brandstigting-aanvalle vernietig, 28 Januarie

Die Mpumalanga polisie het bevestig ‘n totaal van 51 Putco-busse is gisteraand by verskillende depots in die Nkangala-distrik aan die brand gesteek.

Drie groepe aanvallers het sekerheidswagte oorval.

Sestien busse is aan die brand gesteek by Moloto in die Kwamhlanga-area sowel as 18 in Maphotla en 17 in Thanane in die Siyabuswa-area.

Een sekerheidswag is in die been geskiet en ‘n ander is aangerand.

Beide is hospitaal toe geneem vir behandeling. 

Die woordvoerder van Putco, Lindokuhle Xulu, sê hul dienste is egter operasioneel. 

Luister:

Die woordvoerder van die polisie, brig. Donald Mdhluli, sê die motief vir die brandstigting is tans onbekend.

Niemand is nog in hegtenis geneem nie.

Luister:

Sien ook: SANParke vra geduld met ondersoek na olifant toeris dood trap