Witrivier-vrou sit haar eerste Comrades behoorlik ore aan
Written by Mireille on September 8, 2022
Caroline Josten van Witrivier het tydens haar Comrades-debuut vanjaar algeheel 15de onder die vroue geëindig.
Verder was sy negende van al die veterane wat die ultramarathon aangedurf het en het sy saam met die Murray & Roberts-marathonklub die veteraanspan prys gewen.
Haar tyd van 07.09 was verstommend – gegewe dat sy ook kort voor die wedloop ‘n besering en varkgriep opgedoen het.
Sy het vir Ludi en Mireille van die ervaring vertel, en gedeel wat sy vir 2023 beplan. Luister weer hier.