‘n Verkeersbeampte van die Mpumalanga Departement van Gemeenskapsveiligheid is vanoggend tydens ‘n botsing op die N4 buite Malalane oorlede.
Volgens die woordvoerder van die departement, Moeti Mmusi, was Sifiso Andries Lubisi ‘n passasier in die voertuig saam met twee kollegas wat beide ernstig beseer is.
Luister:
‘n Ondersoek na die ongeluk is aan die gang.




