Verhoordatum vasgestel vir Hillary Gardee-moordsaak

Die veroordeelde moordenaar, Rassie Nkune, sal vanaf 26 April tot 28 Mei 2027 in die Mpumalanga Hooggeregshof in Mbombela verhoor word op twee moordklagte.

Dit is weens die ontvoering van en moord op Hillary Gardee, die dogter van die EFF-politikus, Godrich Gardee, sowel as Nonkululeko Nkosi, ‘n Eskom-werknemer van Gauteng.

Beide moorde is in 2022 gepleeg.

Nkune het hulle glo via Facebook op afsprake gelok.

Gardee se liggaam is in ‘n plantasie op die Lydenburg/Sabie-pad buite Mbombela ontdek en Nkosi in ‘n sloot naby Delmas.

Hillary Gardee.

Nkune het vandag vir ‘n voorvonnis-konferensie verskyn.

Hy staan tereg op altesaam 12 aanklagte.

Hy dien reeds twee lewenslange vonnisse uit vir die moord op sy lewensmaat en haar suster in KaNyamazane in 2022.

Die Nasionale Vervolgingsgesag het bevestig die verhoor sal in 2027 plaasvind omdat die hofrol vir 2026 reeds vol is.