Verhoordatum vasgestel vir Hillary Gardee-moordsaak

Die veroordeelde moordenaar, Rassie Nkune, sal vanaf 26 April tot 28 Mei 2027 in die Mpumalanga Hooggeregshof in Mbombela verhoor word op twee moordklagte. Dit is weens die ontvoering van en moord op Hillary Gardee, die dogter van die EFF-politikus, Godrich Gardee, sowel as Nonkululeko Nkosi, ‘n Eskom-werknemer van Gauteng. Beide moorde is in 2022 […]
Renosterstroper tot 16 jaar tronkstraf gevonnis

Die Skukuza-streekshof het ‘n renosterstroper tot 16 jaar tronkstraf gevonnis weens ‘n voorval waartydens twee renosters gestroop is in die Krugerwildtuin in 2020. Monica Nuyswa van die Nasionale Vervolgingsgesag: Luister: Bethuel Baloyi (28) het verdwyn na hy borgtog toegestaan is. Hy is later in die Hluhluwe-natuurreservaat in KwaZulu-Natal herarresteer weens ‘n soortgelyke voorval. Sy medebeskuldigde, […]