Verdagtes gesoek na noodlottige skietery in Hazyview

Pront en plaaslik: Skakel in op 100.5FM vir Laeveld nuus in Afrikaans.
misdaad

Die polisie ondersoek ‘n moord en poging tot moord wat gister laatmiddag in Hazyview gepleeg is.

‘n 35-jarige vrou is dood en ‘n man is gewond.

Volgens die polisiewoordvoerder in Mpumalanga, kol. Donald Mdhluli, het die voorval by ‘n restaurant plaasgevind.

Die slagoffers het in hul voertuig gesit toe twee gewapende mans arriveer en op hulle losgebrand het.

Die polisie vermoed die voertuig wat die verdagtes gebruik het, is verlede maand in Bosbokrand gekaap.

Luister:

Geen arrestasies is nog gemaak nie.

Sien ook: Ballonne die nuwe blomme by ‘n funksie?