‘n Verdagte wat moontlik verbind word met die moord op ‘n sekuriteitswag op ‘n plaas buite Komatipoort verlede Sondag, is Donderdagaand deur die polisie doodgeskiet.
Lees meer: Polisie soek pangabende na nag van terreur buite Komatipoort
Volgens die Mpumalanga polisie het die verdagtes op hulle begin skiet toe die polisie hul voertuig probeer aftrek het.
Hulle het teruggevuur.
‘n Tweede verdagte is gewond en hospitaal toe geneem.
Nog ‘n man en ‘n vrou is aangekeer.
Daar is op twee ongelisensieerde vuurwapens beslag gelê.
Die polisiewoordvoerder, Mavela Masondo, sê Opod ondersoek die skietery.
Luister:




