Ses vermeende onwettige mynwerkers na vermoede naby Ngodwana vermoor gevind

Die polisie in Mpumalanga ondersoek moordsake na die ontdekking van ses liggame van vermeende onwettige mynwerkers met skietwonde in Mashobote, naby Ngodwana, Saterdag. ‘n Polisiewoordvoerder, Mavela Masondo, sê die polisie het ‘n oproep ontvang van ‘n lid van die gemeenskap wat gesê het hy het liggame by ‘n berg in die area gesien. Hy sê […]

Besige slangseisoen vir Laeveld verwag weens uiterste hitte

Die somer beloof om uitermatig warm te wees weens die El Niño effek. Chris Hobkirk van Lowveld Venom Suppliers het met Saterdag Ontbyt gesels oor wat jy kan doen om jouself te beveilig teen giftige slange wat moontlik skuiling sal probeer vind in koeler plekke soos in jou huis of tuin. Luister:

Verdagte doodgeskiet, een gewond in skietery met polisie buite Komatipoort

‘n Verdagte wat moontlik verbind word met die moord op ‘n sekuriteitswag op ‘n plaas buite Komatipoort verlede Sondag, is Donderdagaand deur die polisie doodgeskiet. Lees meer: Polisie soek pangabende na nag van terreur buite Komatipoort Volgens die Mpumalanga polisie het die verdagtes op hulle begin skiet toe die polisie hul voertuig probeer aftrek het. […]