Twee pastore bots met gereg
Written by Mireille on November 8, 2024
‘n Pastoor is saam met sy motorbestuurder en vier ander mense in Acornhoek gearresteer vir die besit van ‘n gesteelde voertuig.
Volgens die polisie was hulle vanaf Klaserie Dam onderweg toe hulle afgetrek is.
Die Toyota Corolla het slegs ‘n voorste nommerplaat gehad.
Dit is al in 2011 in Maake, Limpopo, as gesteel aangemeld.
Volgens die 42-jarige pastoor het hy die voertuig by ‘n privaat verkoper in Acornhoek gekoop.
Al ses sal na verwagting vandag nog in die hof verskyn.
‘n Ander pastoor is gister deur die landdroshof in Sabie borgtog geweier na hy daarvan aangekla is dat hy ‘n 16-jarige lid van sy gemeente verkrag het.
Die meisie is verlede maand na sy huis, waar hy veronderstel was om vir haar te bid vir genesing van ‘n wond, toe hy haar na bewering aangeval het.
Die 46-jarige beskuldigde se naam kan nie bekendgemaak word voor hy op dié aanklagte gepleit het nie.
Hy word ook aangekla vir die besit van ‘n vuurwapen en ammunisie.
Die woordvoerder van die Nasionale Vervolgingsgesag, Monica Nyuswa, sê die saak is uitgestel tot 6 Januarie.
Luister:
Sien ook: Lebombo steeds gesluit vir verkeer