Pumas lek lippe af vir Toyota Challenge
Die Airlink Pumas skop Vrydag hul Toyota Challenge af. Dié internasionale rugbytoernooi bied die Pumas, Griekwas en gasheer Cheetahs waardevolle blootstelling teen internasionale spanne. Tydens die eerste been word alle wedstryde in Bloemfontein gespeel, en in Oktober reis die spanne na Georgië. Die Suid-Afrikaanse spanne se teenstanders is die Black Lions van Georgië, Portugal (ook […]
Griekwas troef Pumas in SA Beker

Die Pumas het die naweek met 34-44 teen die Griekwas die knie gebuig in Kimberley, maar lê steeds tweede op die SA Beker-punteleer met twee rondes oor. Die top vier spanne kwalifiseer om vanjaar in die Curriebeker te speel. Hoofafrigter, Jimmy Stonehouse, is egter opgewonde dat die Pumas die geleentheid gaan kry om hulself teen […]