Nellies se Onderwyser van die jaar-finalis deel haar passie

Hoërskool Nelspruit se juf. Kriekie Bekker is aangewys as ‘n finalis in Solidariteit se Onderwyser van die jaar-toekenning. Dit het ten doel om besonderse en merkwaardige onderwysers te vereer vir hul bydrae en harde werk. In elke kategorie is ʼn top-20 aangewys. Stemme van die publiek sal nou bepaal watter hoërskool- en laerskoolonderwysers as die […]
Aanlyn digitale onderrig hier om te bly

Vir Hoërskool Bergvlam se Louise Fullard is aanlyn digitale onderrig ‘n passie. Nie net het sy al toekennings gewen vir hoe sy dit lank voor die pandemie in haar lesse aangewend het nie, maar dit is ook die tema van haar verdere studie. “Ons kan nie meer skoolhou soos in die 20ste eeu nie,” sê […]
NHS-ontvangsdame aangewys as Kantoorkampioen 2021

Hoërskool Nelspruit (NHS) se ontvangsdame, Theresa de Wet, is as Solidariteit se Kantoorkampioen vir 2021 aangewys. Die Gilde vir Kantoorpraktisyns se gala-aand is verlede week in Pretoria deur die top 25 kandidate in die land bygewoon. Van hulle was drie uit Nelspruit afkomstig. De Wet is as die algehele wenner aangewys en het vanoggend die […]
Vlammies maak geskiedenis by ATKV debat

Hoërskool Bergvlam het onlangs geskiedenis gemaak deur hul eerste span in te skryf vir die ATKV-debatkompetisie. Die juniorspan het derde geëindig in die kompetisie. Juf. Anseri Bojé het saam met Nina van Heerden, Milde Cronjé en Sariëtte Kuperus met Gerhardt gesels oor die onderwerp: hoekom geskiedenis ‘n verpligte vak op skool moet wees. “Die studie […]
Penryn College voeg Cambridge tot hul akademiese aanbieding

Penryn College sal vanaf volgende jaar die Cambridge-kurrikulum begin aanbied vir gr. 8’s. Dit maak hulle die eerste skool in die Laeveld wat beide die Cambridge- en IEB-kurrikulums bied. Penryn College se hoof, Albert Pienaar, sê dit sal infaseer word en vir die eerste twee jaar geïntegreerd wees. Die leerlinge sal vanaf hul gr. 10 […]
Nellies redeneer weer top-plekke los by ATKV

Leerders van Hoërskool Nelspruit (NHS) het by die afgelope ATKV-Redenaarskompetisie weer uitstekend presteer. Ten spyte van vele uitdagings met die reisverbod het die ATKV vanjaar ‘n haas uit die hoed gepluk en kon die deelname aanlyn plaasvind. In die Senior Huistaal-afdeling was vyf van die top 10 redenaars in Mpumalanga NHS-leerders. Cornelis van Dyk (gr.10) […]
Skuif reg vir Skouspel Roadhouse-styl

Hoërskool Nelspruit (NHS) se revue kon verlede jaar weens die Covid-19-pandemie glad nie plaasvind nie, en weens inperkingsregulasies is besluit om Skouspel 2021 vanjaar anders te benader. Daar kan vanjaar nie ‘n gehoor wees nie. Trouens, die opvoerings (vir verfilming) is Saterdag reeds afgehandel. Jy het gelukkig nie die vertoning gemis nie: Dít word Saterdag […]
NHS se Skouspel 2021 eersdaags virtueel op die planke

Hoërskool Nelspruit (NHS) se revue het al ‘n jaarlikse hoogtepunt geword op die kalender in die Laeveld. Dit kon nie verlede jaar plaasvind nie, en daarom is besluit om Skouspel 2021 vanjaar ‘n bietjie anders te benader. Weens Covid-19-regulasies kan ‘n gehoor nie toegelaat word nie en die vertoning sal slegs vir een aand, op […]
Vlammies op pad na nasionale wetenskap-ekspo

‘n Groep van Hoërskool Bergvlam se jong wetenskaplikes is genooi om in Oktober aan die nasionale Tritech-ekspo deel te neem. Die “Vlammies Cradle”-span bestaan uit Brian Magagula, Esther Ukpe, Jeff Simango, Nosipho Mampho en Pfumani Khoza. Hul naam is geïnspireer deur Newton’s Cradle en Pfumani sê hulle is ‘n span wat soos ‘n masjien saamwerk. […]
Nelspruit se hoofleiers vir 2021/22 aangekondig

Hoërskool Nelspruit se hoofleiers vir 2021/22 is gister aangekondig. Die dux’e is Paul Harley en Rhodé Nel. Die adjunk dux’e is Wilmien van der Merwe, Berna Kok, Jomarié du Toit, Dina Grimbeek, Larise Combrink, Joshua Devine, Wynand Loubser, Hannes Feuth, Conrad Joubert en Wikus van Biljon. Rhodé is ‘n kranige atleet en hokkiespeler en Hannes […]