Innibos 2026 kom al nader – is jy IN?

Daar is minder as ‘n maand oor voor Innibos 2026 op 2 Julie afskop. Naranda Leeuwner sê vir Sonop Ontbyt die kaartjies verkoop flink en feesgangers moet veral produksiekaartjies opraap terwyl hulle nog kan. Luister: 

Local is lekker en IN by Innibos

Op 8 Mei bied Innibos ‘n skattejag en “local is lekker”-spesiale aanbieding vir feesterreinkaartjies by i’langa Mall vanaf 12:00 tot 16:00. Verkope van produksiekaartjies open ook vandag! Naranda Leeuwner deel die besonderhede met Sonop Ontbyt. Luister:

Innibos gee terug en ondersteun Care for Wild

Innibos oorhandig vandag aan Care for Wild se personeel vellies en T-hemde. Naranda Leeuwner vertel meer oor dié uitreik om terug te gee aan die gemeenskap sowel as die fees se diverse opheffingswerk. Luister: