Twee 15-jariges aangekeer vir moord na huishoudelike geweld

Twee 15-jariges sal na verwagting vandag in die hof verskyn, nadat hulle in twee afsonderlike voorvalle Vrydag na bewering familielede doodgemaak het. Volgens die polisie hou beide voorvalle verband met huishoudelike geweld. In Bosbokrand is ‘n 65-jarige man die aand na ‘n bakleiery met sy vrou glo deur een van sy kinders doodgesteek. ‘n 49-jarige […]
Vier aangekeer na gefnuikte rooftog by Witrivier-restaurant

Vier verdagtes is gisteraand aangekeer nadat hulle Die Windpomp-restaurant in Witrivier na vermoede probeer beroof het. Volgens Hi-Tech se Jchaan de Beer is een handwapen, ‘n haelgeweer en wat hy beskryf as ‘n speelhandwapen aan die verdagtes gevind. Die restauranteienaar, Lewies Dippenaar, sê werknemers was om ongeveer 20:10 besig om vullis buitentoe te neem, toe […]
BCJ: Meer omvattende benadering tot ondersoeke nodig

Bossies Community Justice (BCJ) is die enigste niewinsgewende organisasie in die Laeveld wat die polisie en sekuriteitsmaatskappye bystaan om misdaad te bekamp. Operasionele bestuurder, Albert Gryvenstein, werk daagliks daarvoor. Hierdie ervare ondersoeker is egter gewoonlik ongesiens deur die publiek agter die skerms betrokke met die bekamping en oplos van misdaad. Hy het met Ludi gesels […]
Meer as 1 360 arrestasies in Mpumalanga afgelope week

Ses vermeende onwettige myners sal vandag in die Graskop-hof verskyn vir die besit van onwettige goud-materiaal. Vier van hulle word ook aangekla van oortreding van die Immigrasie-wet. ‘n Vermeende swendelaar sal ook in die Nelspruit-hof verskyn. Die 52-jarige man van Nigerië is Vrydag in Gauteng aangekeer. Daar word beweer dat hy in Januarie R150 000 […]
Vermeende renosterhoring-handelaars doen vandag aansoek vir borgtog

AB (Schalk) Steyn (48) en Dawie Groenewald (53) sal vandag formeel aansoek doen vir borgtog in die Nelspruit-landdroshof. Hulle het gister reeds verskyn en word aangekla van die onwettige besit en verkoop van renosterhorings. Hulle is Woensdag aangekeer in ‘n gesamentlike operasie tussen die Valke, die eenheid teen die smokkel van wild en private rolspelers. […]
Deurbrake gemaak met arrestasies

Die polisie in die Laeveld kon binne drie dae vandeesweek verskeie verdagtes aankeer vir ondermeer onwettige renosterhorings, dwelms en gesteelde boumateriaal. ‘n Man is gister in Low’s Creek in besit van dagga ter waarde van nagenoeg R1 miljoen aangekeer. Die 38-jarige het glo 19 sakke dagga van 342 kg in sy besit gehad. Hy sal […]
Verdagtes gesoek na vrou se lyk in haar voertuig gevind is

Luister meer op 100.5FM.
Man doodgeskiet tydens gewapende roof by Rocky Drift

Luister meer op 100.5FM.
Wrede moorde die naweek in Mpumalanga aangemeld

Luister meer op jou radio.
Drie polisiebeamptes vra glo omkoopgeld om verkragtingsaak te laat verdwyn

Luister meer op 100.5FM.