Kitsbanke in Hazyview, Acornhoek opgeblaas

‘n Groot groep verdagtes word gesoek na ‘n kitsbank vroeg vanoggend by die Dayizenza-plaza naby Hazyview opgeblaas is. Sekuriteitpersoneel was om ongeveer 06:00 besig met parade toe ‘n groep van sowat agt aanvallers te voorskyn gekom het, en op hulle begin vuur het. Twee wagte is beseer. ‘n Ander groep verdagtes het die sentrum van […]
Mannejag geloods na dubbele moord in Barberton

‘n Mannejag is geloods na die verdagtes wat Saterdagaand twee mans in Barberton doodgeskiet het. Volgens die polisie se kolonel Donald Mdhluli was die een slagoffer ‘n polisiebeampte wat ten tyde van die voorval van diens af was. Speurder konst. Nkosinathi Lucky Ngwenya was aan die speurtak in Nelspruit verbonde. Die ander slagoffer is as […]
Geslagsgeweld opnuut veroordeel na vrou se skietdood in Malalane

Mpumalanga se premier, Refilwe Mtshweni-Tsipane, het haar medelye betuig aan die familie van Wandile Lucia Khoza (29), wat Dinsdag na bewering deur haar kêrel by die werk doodgeskiet is. Volgens die polisie het die verdagte by Nkomazi-munisipaliteit se kantore in Malalane, waar sy gewerk het, opgedaag. ‘n Argument het ontstaan voor sy geskiet is. Die […]
Man vasgetrek vir vergiftiging van vriendin se gesin

‘n 30-jarige man is in Elukwatini gearresteer omdat hy na bewering sy vriendin se kinders en pa vergiftig het. Volgens die polisie het die tweejarige dogtertjie, vierjarige seuntjie en hul 59-jarige oupa kort nadat hulle aandete geëet het, begin braak. Die verdagte en kinders se ma het nie van die kos geëet nie. Die dogtertjie […]
Vermeende rowers vasgetrek met hulp van die publiek

‘n 29-jarige man en 24-jarige vrou is gister in Shabalala Trust naby Hazyview aangekeer. Hulle was glo in besit van vyf vuurwapens, polisie-uniforms, ander polisie-toerusting en ‘n magdom ander gesteelde items. Polisiewoordvoerder, kol. Donald Mdhluli, sê dit volg nadat hulle inligting ontvang het oor ‘n voertuig wat vroeër gekaap is. Die voertuig en meubels wat […]
Twee verdagtes steeds gesoek na transitoroof in Sabie

Daar word steeds gesoek na twee vermeende transitorowers wat vanoggend wagte in Sabie aangeval het. Fidelity-wagte was om ongeveer 07:00 besig om kontant by die Spar op te tel. Die een wag was besig om uit die winkel te loop toe drie mans op hulle toeslaan. ‘n Skietery het uitgebreek. Een wag is in die […]
Vrou kry lewenslank na sy kêrel se kind vermoor

Nompumelelo Portia Nkambule (37) is Vrydag in die Hooggeregshof in Mpumalanga tot lewenslange tronkstraf gevonnis nadat sy haar gewese kêrel se dogtertjie doodgemaak het. Volgens die nasionale vervolgingsgesag was klein Philisiwe Charlotte Nkosi (3) vanaf Desember tot Februarie in die vrou se sorg naby Barberton terwyl haar pa werk gaan soek het. Haar biologiese ma […]
Onwettige goudverwerker in Pelgrimsrus aangekeer

‘n Onwettige goudverwerker wat Donderdag in Pelgrimsrus aangekeer is, sal Woensdag in Graskop aansoek doen om borgtog. Volgens die Valke is die 34-jarige Thabang Ntsibane ‘n onwettige immigrant van Lesotho. Hy is tydens ‘n gesamentlike operasie tussen verskillende wetstoepassingsorganisasies aangekeer waar hy glo ‘n goudverwerkings laboratorium bedryf. Daar is ook op sakke vol gouddraende erts […]
Soektog geloods na vrou in kar doodgeskiet is

Die polisie het ‘n mannejag geloods na die verdagtes wat ‘n 39-jarige vrou Dinsdag in Pienaar doodgeskiet het. Volgens kol. Donald Mdhluli was die vrou alleen in haar voertuig toe dit om ongeveer 11:45 deur ‘n wit Mercedes Benz voorgekeer is. Twee gewapende aanvallers het uitgeklim en haar geskiet. Hulle het glo ook kontant uit […]
Vermeende bedrieër, treinspoordiewe vasgetrek

‘n Agtste verdagte is gister aangekeer vir nagenoeg R11,5 miljoen se bedrog. Warren Brett Smith (48) het Maandag in die hof vir kommersiële misdade in Mbombela verskyn. Hy is dieselfde dag deur die Valke vasgetrek. Hy word saam met sewe ander mense aangekla van bedrog, diefstal en geldwassery. Smith was in Februarie 2019 glo in […]