Groot beleggings in paaie beplan

‘n Opgradering van R400 miljoen word beplan vir die Long Tom-pas, het Sanral die week aangekondig. Die agentskap het Dinsdag saam met die adjunkminister van vervoer in Lydenburg besoek afgelê om met die gemeenskap van Thaba Chweu-munisipaliteit oor beplande projekte, en werksgeleenthede, te vergader. Meer as R3 miljard is bewillig vir padkonstruksie en R350 miljoen […]

City Changers werk om ‘n verskil te maak in Mbombela

City Changers Social Services glo daaraan om mense te help om die oorsaak van hul pyn te vind en gesond te maak, eerder as om bloot die simptome te behandel. Die nie-winsgewende organisasie het drie dele van diens aan die gemeenskap. Daar is Tamar-restourasiesentrum, hul Celebrate Recovery-inisiatief en His Bounty-projek. Past. Leanie Erasmus en Monique […]

Premier dank moordbeskuldigde LUR af

Premier Refilwe Mtshweni-Tsipane het die LUR vir landbou, landelike ontwikkeling, grond- en omgewingsake, Mandla Msibi, gisteraand uit haar kabinet afgedank. Msibi word aangekla van moord en poging tot moord. Hy was na bewering betrokke by ‘n skietvoorval tydens ‘n ANC-takvergadering op 22 Augustus waain twee mense dood en een gewond is. Hy is reeds sedert […]

Groot planne vir poskantoor se nuwe dienste

Die poskantoor kan nie in sy huidige vorm voortbestaan nie, so dit is besig om te verander. “Mense skryf nie meer briewe nie. Die fokus het verskuif na pakkies en ander dienste,” sê woordvoerder, Johan Kruger. Vernaamste hiervan is die hernuwing van voertuiglisensies. Die poskantoor hoop om teen die einde van die maand die diens […]

Mpumalanga LUR gearresteer vir moord en poging tot moord

Mandla Msibi (45), die LUR vir landbou, landelike ontwikkeling en grondsake in Mpumalanga, het gister in die Nelspruit-landdroshof verskyn op klagte van dubbele moord en poging tot moord. Hy het homself die oggend aan die polisie oorhanding. Hy is deur sy regsverteenwoordiger vergesel. Volgens die nasionale polisiewoordvoerder, brig. Vishnu Naidoo, was Msibi betrokke by ‘n […]

LUR in hegtenis vir dubbele moord

‘n LUR in die Mpumalanga-regering is vanoggend gearresteer vir moord en poging tot moord. Volgens die polisie se brig. Vishnu Naidoo het die 45-jarige man homself aan die Nelspruit-polisie oorhandig saam met sy regsverteenwoordiger. Hy was glo betrokke by ‘n skietery in Nelspruit op 22 Augustus waar twee mense doodgeskiet is, en een gewond is. […]

Man vasgetrek vir vergiftiging van vriendin se gesin

‘n 30-jarige man is in Elukwatini gearresteer omdat hy na bewering sy vriendin se kinders en pa vergiftig het. Volgens die polisie het die tweejarige dogtertjie, vierjarige seuntjie en hul 59-jarige oupa kort nadat hulle aandete geëet het, begin braak. Die verdagte en kinders se ma het nie van die kos geëet nie. Die dogtertjie […]

Laeveld Nuus – week 40 van 2021

In die nuus uit die Laeveld hierdie week: Menseregtekommissie ondersoek medisynetekorte, duisende Laevelders ingeënt tydens Vooma-naweek, die ATKV se kuieraande is terug, en help om die Carling Kampioene-span te kies. Luister die nuushooftrekke hier.

Veearts: Beskerm klein hondjies teen katgriep

Die parvovirus, wat katgriep in honde veroorsaak, is dodelik en hoogs aansteeklik, waarsku dr. Christo Nortje van die Van Wijkstraat Dierehospitaal. Hy sê hoewel dit heeljaar teenwoordig is, sien sy praktyk hierdie tyd van die jaar meer gevalle. Hy het vir Ludi vertel hoe doeltreffend inentings teen dit is wanneer dit op die regte tye […]

Stem ‘n Puma-speler in die Kampioene-span in

Die publiek is genooi om te stem vir hul gunsteling rugbyspelers om ingesluit te word in die span vir die eerste Carling Kampioene-wedstryd. Die Carling Kampioene-span wat op 6 November op Loftus teen Kenia uitdraf sal heeltemal deur die publiek gekies word. Jy kan vir enige speler van die sewe Curriebeker-spanne stem. Die inisiatief is […]