Baanbreker Oz sterk goed aan na prosedure

Bewaring gaan oor veel meer as net sekuriteit. Wetenskap, kennis en opleiding speel ook ‘n belangrike rol, vertel Petronel Nieuwoudt van Care for Wild. Dié veilige hawe se Oz, ‘n sesjarige renosterwesie, was verlede Dinsdag die proefkonyn waarop die eerste CT-skandering suksesvol uitgevoer is op ‘n lewendige, volwasse renoster in die land. Nieuwoudt verduidelik dat […]
Innibos maak bietjie-bietjie ‘n terugkeer

Na twee jaar van geen Innibos Kunstefees nie, word daar van 1 tot 5 Desember Bietjie-Bietjie-Bos gehou. Kaartjieverkope open Woensdag. Ongelukkig moet bywoningsgetalle op die feesterrein tans beperk word tot 2 000 mense. Om voorsiening te maak vir die kunstenaars en mense wat op die terrein werk, kan slegs 1 800 kaartjies beskikbaar gemaak word […]
Vlammie bewys dat aanhouers wen

De Wet Broodryk verstaan wat wat beteken om nooit moed op te gee nie. Sedert hy in gr. 8 sy hoërskoolloopbaan by Hoërskool Bergvlam afgeskop het, het sy skildklier het hom verskeie, ernstige probleme besorg. Tog het hy nooit opgegee nie. Vir sy volgehoue harde werk, is hy verlede week by Hoërskool Bergvlam se meriete-aand […]
Versperring van paaie rondom Mbombela skerp veroordeel

Die LUR vir gemeenskapsveiligheid in Mpumalanga, Vusi Shongwe, het die sporadiese afsperring van paaie rondom Mbombela vanoggend skerp veroordeel. Die paaie wat in en uit areas soos Kanyamazane en Pienaar lei, sowel as die N4 by Matsulu is daardeur geraak. Die N4 tussen Nelspruit en Kaapmuiden is deur vragmotors afgesper weens protesaksie. Toegang tot KMI-lughawe […]
Laeveld nuus – week 42 van 2021

In die nuus uit die Laeveld hierdie week: Gemeenskap geskok deur bekende Laevelder se moord in Barberton, borg toegestaan aan voormalige LUR wat van moord aangekla word in Nelspruit, Universiteit van Mpumalanga bied vanaf 2022 doktorsgrade en TRAC N4-tydren volgende maand in Dullstroom. Luister die hooftrekke hier.
Eindeksamen: Moenie hierdie foute maak nie

Die matriekeindeksamen vir die klas van 2021 is hier. Jozelle Grobbelaar, adjunkhoof van leerdersake by Penryn College, sê 2020 was ‘n goeie proeflopie vir skole om te leer hoe om leerlinge tydens die pandemie te ondersteun. Sy vind vanjaar se groep het baie angs, veral weens die wisseling tussen fisies en aanlyn skoolgaan, maar in […]
Universiteit van Mpumalanga bied vanaf 2022 doktorsgrade

Die Universiteit van Mpumalanga (UMP) sal vanaf volgende jaar vir die eerste keer doktorsgrade aanbied. Kommunikasiehoof, Tlangelani Ubisi, sê hulle sal in totaal 44 kwalifikasies bied – op van die drie waarmee die universiteit in 2014 begin het. Die doktorsgrade sal in landbou sowel as ontwikkelingstudies wees. Ubisi sê die universiteit het met rasse skrede […]
Borg toegestaan aan voormalige LUR wat van moord aangekla word

Die moordbeskuldigde voormalige LUR, Mandla Msibi, en twee medebeskuldigdes, is vanoggend in die Nelspruit-landdroshof borgtog toegestaan. Msibi word saam met vier ander mense aangekla van twee moorde en poging tot moord in verband met ‘n skietvoorval rondom ANC-lysvergaderings wat op 22 Augustus in Mbombela plaasgevind het. Sindela Sipho Lubisi en Dingane Ngwenya is op die […]
Care Buddies sien steeds om na bejaardes se emosionele welstand

Die Care Buddies bestaan al 19 jaar om na bejaarde mense in die Laeveld se emosionele welstand om te sien. Yvonne McHeath vertel hoe hulle begin het om na bejaarde mense uit te reik en hoe die pandemie dit bemoeilik het omdat kontak nie toegelaat is nie. Luister weer hier na die gesprek. Jy kan […]
Laeveld nuus – week 41 van 2021

In die nuus uit die Laeveld hierdie week: Moordbeskuldigde politikus se borgaansoek gaan vandag voort, brand by Komatipoort suikermeule eindelik geblus en groot beleggings in Mpumalanga se padinfrastruktuur beplan. Luister weer die hooftrekke hier.