Drie moordenaars swaar gestraf

Drie mans is gister swaar gevonnis in die Mpumalanga Hooggeregshof vir ‘n moord wat hulle in Junie 2019 gepleeg het. Vusi Sihlabela (41), Karabo Makhubedu (31) en Norman Mokoena (25) het ‘n man van sy beursie beroof in ‘n drinkplek in Marite naby Hazyview. Toe hulle uitvind hy het die saak by die polisie aangegee, […]
Tiener uit hospitaal ontslaan na kapers haar in been skiet

Miah de Beer (14) is gister uit die hospitaal ontslaan nadat sy verlede week in die been geskiet is tydens ‘n mislukte kaping. Sy was saam met haar ma, Melani, en boetie Marnu (11), op pad terug van ‘n vakansie in die Krugerwildtuin. Hulle het die wildtuin deur Numbi-hek verlaat. Om ongeveer 12:45 is daar […]
Verskeie leerlinge wag nog vir plekke in skole

Heelwat gr. 1- en gr. 8-leerlinge wag nog om geplaas te word in laer- en hoërskole in Mbombela en Witrivier. Die akademiese jaar skop Woensdag af. Volgens die provinsiale onderwysdepartement benodig 214 gr. 8’s en 213 gr. 1’s plek in Mbombela, en 33 gr. 8’s en 35 gr. 1’s in Witrivier. Dit is heelwat minder […]
Laeveld nuus – week 1 van 2022

In die nuus uit die Laeveld die week: 14-jarige in been geskiet deur vermeende kapers, tweede verdagte vas vir polisiespeurder se moord, toeris verdrink by Lisbon waterval en Kaapsehoop merrie uit strik verlos. Luister die hooftrekke hier.
Tweede verdagte vas vir polisieman se moord

‘n Verdagte is Maandag in Barberton aangekeer vir die dubbele moord op speurder Nkosinathi Lucky Ngwenya en sy vriend, Jaftha Mnisi. Hulle is op 17 Oktober 2021 by Zanni Tavern doodgeskiet. Ngwenya was aan die speurtak in Nelspruit verbonde. Lifa Blessing Nkosi (42), ‘n voormalige Mbombela-wyksraadslid, is in November daarvoor aangekeer en is sedertien in […]
Brugemeester onder padsterftes in Mpumalanga

Die burgemeester van Emalahleni-munisipaliteit, Linah Malatjie, het gisteraand saam met haar man, Esau, verongeluk. Hulle was om ongeveer 22:30 tussen KwaMhlanga en Witbank onderweg, toe hulle in ‘n trompop-botsing betrokke was. Hulle het later in die hospitaal aan hul beserings beswyk. Die premier van Mpumalanga, Refilwe Mtshweni-Tsipane, het haar medelye aan die familie betuig. Sy […]
Laeveld nuus – Week 52 van 2021

In die nuus uit die Laeveld die week: Toeriste buite Numbi-hek aangeval, twee jong mans verdrink, en Radio Laeveld maak ‘n bietjie geskiedenis in die Vrystaat. Luister die hooftrekke hier.
Grace Baby Haven open eersdaags sy deure vir weggooibabas

Grace Baby Haven maak in Januarie sy deure oop as ‘n veilige hawe vir weggooibabas, waarna daar ‘n baie groot vraag is. Stigters Justin en Ané Grobbler vertel dat daar die jaar alleen meer as 85 kinders agtergelaat is in net Nelspruit en Mataffin, meestal in hospitale waar ma’s geboorte skenk. Dié nie-winsgewende organisasie werk […]
Laeveld nuus – Week 51 van 2021

In die nuus uit die Laeveld die week: Mpumalanga gerat vir feestyd, nasien van eindeksamen sonder voorval voltooi, en die bloedbank benodig dringend skenkers. Luister die hooftrekke hier.
Bloedbank benodig dringend bloed

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBS) ervaar ‘n ernstige tekort aan bloed, en het mense aangemoedig om bloed te skenk voor Kersfees. Ronald Marsh skryf dit toe aan ‘n toename in die vraag na bloed en afname in skenkings wat hulle gewoonlik hierdie tyd van die jaar ervaar. “Desember is tradisioneel ‘n moeilike tyd vir ons, […]