Ses vas wat departement glo uit R3m bedrieg

Ses mense is gister deur die Valke aangekeer op 117 klagte van bedrog, korrupsie en geldwassery van meer as R3‪ miljoen. Nomthandazo Khoza (41) was ‘n boekhouklerk in die departement van onderwys se Bohlabela-area wat na bewering tussen Mei 2019 en November 2020 saam met ‘n kollega, Mosibudi Makutu (45), geld uit die departement aan […]

Wat elke ouer moet weet oor angs by kinders

Kinders van al hoe jonger ouderdomme benodig toenemend professionele hulp vir angs. Die onsekerheid wat onder meer die Covid-19-pandemie teweeg gebring het, dra daartoe by, maar dit is nie tot dit beperk nie. Opvoedkundige sielkundige, Christie Malan, het raad vir ouers. Sy het met Mireille gesels. Luister weer hier na die gesprek. Vir meer besonderhede, […]

Laeveld nuus – week 50 van 2021

In die hooftrekke uit die Laeveld die week: Covid-gevalle neem toe, kopbotsing eis ses lewens, MTPA waarsku weer teen leeus in Marloth Park en Mbombela-stadion hoop op kapasiteit-toeskouers vir All Black toets. Luister die nuushooftrekke hier.

Mbombela hoopvol dat vol stadions toegelaat word teen All Black-toets

Die bestuur van Mbombela-stadion is opgewonde dat hulle op 13 Augustus 2022 ‘n All Black toets teen die Springbokke sal aanbied. Roelf Kotze beskryf dit as ‘n absolute hoogtepunt vir die stad en stadion. Studies wat voorheen elders gedoen is, het die ekonomiese inspuiting op nagenoeg R100 miljoen beraam. “In rugbyterme kan ‘n mens nie […]

Verdagtes gesoek wat winkels by Tonga Mall oopblaas

Groot skade is aan verskeie winkels by Tonga Mall aangerig tydens ‘n rooftog. Volgens die polisie se brig. Selvy Mohlala het ‘n groep aanvallers Woensdag om 01:30 die oggend ‘n sekuriteitswag vasgebind en die ander beveel om te vlug. Met hul aankoms het ‘n skietgeveg tussen die polisie en rowers ontstaan. In twee van die […]

Kenner: Moet nooit gerus wees oor hondsdolheid nie

Daar was vanjaar ‘n skerp styging in hondsdolheid-gevalle onder mense, waarvan die meeste kinders was. Die meeste gevalle van hierdie dodelike virus is bevestig in KwaZulu-Natal en die Oos-Kaap, areas wat deur ‘n menigte toeriste, ook van die Laeveld, besoek word hierdie tyd van die jaar. Dr. Molly Lubbinge van The Vets @ 66 in […]

Laeveld nuus – Week 49 van 2021

In die nuus uit die Laeveld hierdie week: Ontvoerde baba na 20 jaar gevind op sosiale media gevind, Mpumalanga skop padveiligheidsveldtog af, Bietjie-Bos-organiseerders tevrede met fees en die Pumas kondig nuwe titelborg aan vir 2022. Luister die hooftrekke hier.

Laeveld dorpe slaag bloudruppeltoets

AfriForum het weer verskeie dorpe in Mpumalanga se water getoets om die blou- en groendruppelstatus van hul drink- en rioolwater te bepaal. Volgens Hennie Bekker, AfriForum se distrikskoördineerder, voldoen al die dorpe in die provinsie se drinkwater aan die minimum standaarde en bevat dit nie skadelike bakterieë nie. Twaalf rioolsuiweringsaanlegte wat getoets is, voldoen egter […]

Pumas kondig nuwe titelborg vir 2022 aan

Phumzile Maqondwana is gisteraand by die Mpumalanga Rugbyunie se toekenningsaand aangewys as die Pumas Curriebeker-speler van die jaar. Hy is ook as voorspeler van die jaar bekroon by die geleentheid by Mbombela-stadion. Die spelers se Speler van die Jaar is Pieter Janse van Vuren. Maqondwana sê dit is vir hom ‘n baie groot eer – […]

Weerdiens waarsku oor nog reën en moontlike oorstromings

‘n Vlak 4 geel waarskuwing is uitgereik deur die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) vir ontwrigtende reën en gepaardgaande oorstromings in die Mpumalanga hoëveld, suide van Limpopo en ooste van Gauteng tot 23:00 vanaand, Woensdag 8 Desember. Dit volg na swaar reën en hael in dele van die Hoëveld gister strome en riviere se vlakke drasties opgestoot […]