Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het. Afrigters Jimmy Stonehouse en Corné Steenkamp gesels met Sonop Ontbyt. Luister weer:

Pumas derde op Curriebeker-punteleer met twee rondes oor

Die Airlink Pumas het hul veldtog om die Curriebeker-titel versterk met ‘n oortuigende oorwinning van 29-7 oor die Stormers-23 in Mbombela die naweek. Die bonuspunt-oorwinning plaas die Pumas, met twee rondes oor, derde op die punteleer. Hoofafrigter Jimmy Stonehouse sê sy span se lynstane en verdediging was deurslaggewend. Luister: Die Pumas se volgende kragmeting is […]

Pumas opgewonde voor tuis halfeindstryd

Die Pumas en Cheetahs speel Vrydagaand om 18:00 by Mbombela-stadion in die SA Beker se eerste halfeindstryd voor die Griekwas Saterdag gashere is vir die Boland Kavaliers in Kimberley. Dié vier spanne het ook gekwalifiseer vir vanjaar se Curriebeker Premierafdeling. Hoofafrigter, Jimmy Stonehouse, en spanbestuurder, Sam Sikiwe, gesels met Sonop Ontbyt. Luister:

Pumas skuif op na tweede op SA Beker-punteleer na hulle Bulldogs looi

Die verdedigende SA Beker-kampioene, die Airlink Pumas, het hul sterk vertoning die naweek voortgesit met ‘n klinkende 94-5 oorwinning – hul vierde van die seisoen – oor die Border Bulldogs by die Sisa Dukashe-stadion buite Oos-Londen Saterdag. Die naweek se uitslae hou Griekwas bo-aan die punteleer met 25 punte na vyf oorwinnings. Hulle word gevolg […]

SA Beker begin die naweek

Die SA Beker skop die naweek amptelik af. Die verdedigende kampioene, die Airlink Pumas, begin hul titelverdediging Vrydag teen die SWD Arende in George. Hoofafrigter, Jimmy Stonehouse, en spanbestuurder, Sam Sikiwe, gesels met Sonop Ontbyt. Luister hier:

Stonehouse 10’s eerdaags terwyl Pumas opwarm vir seisoen

Die jaarlikse Stonehouse 10’s vind op 21 Maart plaas. Die Pumas se hoofafrigter, Jimmy Stonehouse, kuier saam met Marius van Rensburg en Chumani Booi by Sonop Ontbyt voor hul vriendskaplike wegwedstryd teen die Luiperds Saterdag terwyl die verdedigende kampioene opwarm vir die SA Beker wat eersdaags begin. Luister weer:

Curriebeker skop af in Mbombela met Pumas teen Griekwas

Die Curriebeker se Premierafdeling skop vanaand af wanneer die Pumas die Griekwas op Mbombela-stadion verwelkom om 19:00. Môremiddag speel die Leeus en die Haaie op Ellispark in Johannesburg, en  Westelike Provinsie kom op die Kaapstad-stadion te staan teen sy aartsvyand, die Bulle. Die naweek se laaste wedstryd begin Sondagmiddag in Wellington tussen Boland en die […]