Rondloper leeu opgemerk by the The Rest in Nelspruit
Written by Mireille on October 30, 2024
Nog ‘n rondloper leeu is vroeg vanoggend opgemerk – hierdie keer buite The Rest in Nelspruit.
Die besigtiging is deur videomateriaal bevestig en plaas die leeu tussen The Rest en die R40 se Ingang 3.
KYK:
Inwoners van hierdie area sowel as die omgewing van T-U-T, MediClinic en Enos Mabuza vanaf Johanna-rylaan in die rigting van The Rest word aangeraai om uiters paraat te wees en dit dadelik by die MTPA aan te meld, sou hulle die leeu sien.
Intussen word daar steeds gesoek na leeus wat sedert Sondag opgemerk is in die Hilltop-area buite Nelspruit.
Sien ook die artikel hiernaas vir kontaknommers en meer advies.
Rondloper leeus jaag Hilltop-area op hol, 29 Oktober
Die Mpumalanga toerisme- en parke-agentskap (MTPA) het die besigtiging van leeus in die Hilltop-area buite Mbombela bevestig.
Volgens berigte is daar ‘n leeuwyfie en ‘n redelike groot welpie, maar volgens ander is daar ‘n volwasse mannetjie.
Hulle is Sondag by ingang 54 op die R40 tussen Barberton en Nelspruit gesien, en weer vroeg gisteraand in die Hermansburg-area.
Inwoners is gevra om uiters waaksaam te wees, veral in die Glenwood-, Hermansburg- en Hilltop-areas (ingange 12, 20 en 28).
“Almal moet uiters versigtig en waaksaam wees aangesien hulle enige plek te voorskyn kan kom. Moet asseblief nie toelaat dat kinders sonder toesig rondloop of speel nie. Leeus kan uiters gevaarlik wees, veral waar kinders betrokke is.”
Drawwers, fietsryers en werkers wat vroegoggend of laatmiddag beweeg moet ook uiters versigtig wees, en almal moet ekstra paraat wees snags, wanneer leeus meer aktief is.
Inwoners is gevra om die MTPA te kontak indien hulle die leeus opmerk.
Jean 064-880-8716; Chris Hobkirk 082-372-3350; Gerrie Camacho 082-353-9097; Ertjies Rhom 083-626-6309 of jou plaaslike sekuriteitsmaatskappy.