Renosterstroper tot 16 jaar tronkstraf gevonnis

Die Skukuza-streekshof het ‘n renosterstroper tot 16 jaar tronkstraf gevonnis weens ‘n voorval waartydens twee renosters gestroop is in die Krugerwildtuin in 2020.

Monica Nuyswa van die Nasionale Vervolgingsgesag:

Luister:

Bethuel Baloyi (28) het verdwyn na hy borgtog toegestaan is. Hy is later in die Hluhluwe-natuurreservaat in KwaZulu-Natal herarresteer weens ‘n soortgelyke voorval. 

Sy medebeskuldigde, Million Masilane, is in 2023 tot 16 jaar gevangenisstraf gevonnis.

‘n Mosambiekse man is 10 jaar tronkstraf opgelê na hy skuldig bevind is op verskeie aanklagte wat met renosterstroping verband jou. 

Faro Zitha (31) is in Junie met ‘n jaggeweer en byl in die Krugerwildtuin betrap. Sy medepligtiges kon vlug. 

Hy het skuldig gepleit op al sewe aanklagte teen hom. 

Ter verswaring van sy vonnis het die staat aangevoer hy is ‘n gewoonte-oortreder met ‘n vorige vonnis van drie jaar tronkstraf weens betreding van die park.