Reeksmoordenaar nog vier lewenslange vonnise opgelê

Die Hooggeregshof in Pretoria het die week die reeksmoordenaar Rassie Nkuna en die afgedankte polisiebeampte Jacob Chego elk vier lewenslange vonnisse opgelê vir die moord op die swanger Sabeiliwe Mogashoa en haar man, Lucky, in Pretoria in Maart 2022.

Hulle het tereggestaan op 12 aanklagte, insluitend moord, ontvoering en bedrog.

Die egpaar is voor hul kinders vermoor om hul motor te steel. 

Nkuna dien reeds verskeie lewenslange vonnisse uit, onder meer vir die moord op sy vriendin en haar polisiebeampte suster, Pretty en Marcia Mazibuko, in KaNyamazane in 2022.

Hy sal ook vanaf April in Mbombela verhoor word vir die moord op Hillary Gardee, ook in 2022.

Lees meer: Verhoordatum vasgestel vir Hillary Gardee-moordsaak