Provinsiale ramp verklaar na stormskade in Hazyview

Skakel in op 100.5FM vir plaaslike nuus in Afrikaans.

Groot skade is verlede week weens swaar reën en wind in Mpumalanga aangeteken.
In die Laeveld het veral Hazyview erg deurgeloop met die kragnetwerk wat ook beskadig is en nog nie ten volle herstel is nie.
Die provinsiale regering het vinnig reageer en ‘n provinsiale ramp afgekondig.
Jacques Benade, die hoof van rampbestuur in Mpumalanga, sê 105 gesinne se huise in die area is beskadig.
Hy gesels met Ludi en Mireille. Luister weer hier.