100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Ouers aangemoedig om kinders te registreer vir 2025-skooljaar

Written by on August 21, 2024

Die Mpumalanga Onderwysdepartement sê daar is slegs nege dae oor vir ouers om aansoek te doen vir plasing in skole van hul kinders vir die 2025-skooljaar.

Aansoeke sluit 30 Augustus.

Die LUR, Cathy Dlamini, moedig ouers aan om hul kinders by ‘n nabygeleë skool te registreer, “om vervoerverwante uitdagings te vermy”.

Dokumentasie wat benodig word is afskrifte van hul geboortesertifikaat, hul Pad na Gesondheid-kaart en die ouer of voog se identiteitsdokumente.

“Geen kind sal toelating geweier word weens onvermoë om fooie te betaal of weens ‘n verskil met die skool se godsdiensbeleid nie,” sê die departement.

Ouers word ook aangemoedig om die betrokke kringkantoor se kontak, as hulle ontevrede is met ‘n skool se reaksie op hul aansoek.

Sien ook: Mbombela verklaar Barberton se water veilig na toetse


×