Ondersoeke na drie mans afsonderlik doodgeskiet is

Die polisie ondersoek verskeie moordsake na drie mans in afsonderlike gevalle in Masoyi en Calcutta doodgeskiet is.

Vrydagaand het drie gewapende verdagtes op ‘n man se voertuig buite ‘n taverne in Marite, Calcutta begin skiet.

Hulle het ook binne die taverne skote afgevuur.

Die aanvallers het die slagoffer gevolg toe hy vlug. 

Hy het buite die perseel ineengestort.

Hulle het in ‘n VW Polo van die toneel gevlug.

Geen arrestasies is nog gemaak nie.

Vrydagmiddag is ‘n 42-jarige man in sy voertuig doodgeskiet in Numbi Trust, Masoyi.

Drie onbekende mans het op die bakkie losgebrand en te voet gevlug.

Die bestuurderkant was deurspek met koeëlgate van hoëkaliber- en 9 mm-vuurwapens.

Bonginkosi Mdluli is noodlottig gewond en twee manlike passasiers is ernstig gewond.

Die verdagtes word gesoek. 

Donderdag is ‘n 23-jarige taxi-bestuurder in Marite deur ‘n passasier doodgeskiet.

Hy het ‘n manlike ryloper opgelaai wat op hom losgebrand het terwyl hy bestuur het.

Die slagoffer is as Mzakhe Mgiba geïdentifiseer.

‘n Ooggetuie is in die arm getref.

Vyf 9 mm-patroondoppies is binne die taxi gevind.

Die skieter het weggehardloop.

Die motief vir die moord  is onbekend.