Vermiste vrou van Marloth Park veilig gevind

Die vrou van Marloth Park wat Maandag as vermis aangemeld is, is veilig gevind in Kempton Park, Gauteng. 

Mariana Kotze se voertuig is gisteroggend by Sonpark-sentrum in Mbombela gevind. 

Sy is ‘n voormalige deelnemer aan die kykNET-program Kokkedoor

Sy is Maandag laas gesien toe sy inkopies sou gaan doen het. 

Haar kar is dié oggend verskeie kere op kameras op die N4 opgemerk. 

Videomateriaal by Sonpark toon hoe sy later die dag met haar bagasie uit haar voertuig klim. 

Sy het volgens ondersoekers ‘n bus gehaal na OR Tambo Internasionale Lughawe. 

Die polisie het bevestig sy is gister in Kempton Park opgespoor.

Vermiste vrou van Marloth Park veilig gevind, 4 Februarie 

Die vrou van Marloth Park wat sedert Maandag vermis is, se voertuig is vanoggend by Sonpark-sentrum in Nelspruit gevind.

Mariana Kotze is ‘n voormalige deelnemer aan die kykNET-program Kokkedoor.

Sy is Maandag laas gesien toe sy inkopies sou gaan doen het.

Haar kar is dié oggend verskeie kere op kameras op die N4 opgemerk.

Volgens berigte toon videomateriaal by Sonpark hoe Kotze met haar bagasie uit haar voertuig klim.

Sy het volgens ondersoekers ‘n buskaartjie na OR Tambo Internasionale Lughawe gekoop.

Daar word geglo dat die stemboodskap wat haar man Maandag ontvang het, waarin aangedui word sy is ontvoer, deur Kunsmatige Ingelligensie vervaardig is.

Marloth Park vrou sedert Maandag vermis, 3 Februarie 12:11

‘n Vrou van Marloth Park wat sedert gisteroggend vermis word, is na vermoede gekaap en ontvoer. 

Mariana Kotze is ‘n voormalige deelnemer aan die kykNET-program Kokkedoor. 

Haar man,  Boland Kotze, het vanoggend aan Netwerk24 gesê sy het Maandag omstreeks 8:15 vanaf hul huis in Marloth Park gery om in Komatipoort inkopies te gaan doen.

Hy het later ‘n WhatsApp-stemboodskap ontvang van mense wat dreig om haar dood te maak en hom instruksie gee om nie sy rekeninge te sluit nie.

Volgens kringtelevisiekameras is hul silwer Pajero Sport omstreeks 10:30 in Malalane opgemerk en veiligheidskameras by die tolhek het die voertuig om 10:45 afgeneem.

Die voertuig registrasienommer is KCZ 830 MP.

Enigiemand met inligting is gevra om Boland te kontak by 082-387-6518.