Mabuza-geldsaak uitgestel

Skakel in op 100.5FM vir Laeveld nuus in Afrikaans.

Die Hooggeregshof in Mpumalanga het voormalige adjunkpresident, David Mabuza, se pensioensaak van R44 miljoen tot Dinsdag uitgestel.

Mabuza se dogter, Tamara Silinda, beweer ‘n gebruiklike huwelik maak haar ma ‘n regmatige begunstigde, en betwis ‘n sertifikaat wat deur sy weduwee, Nonhlanhla Mnisi, ingedien is.

Regter Johannes Roelofse het bevind teenstrydige dokumente maak ‘n uitspraak nie moontlik nie.

Hy het Alexander Forbes beveel om in beëdigde verklarings te verduidelik of die fondse ‘n pensioen- of lewensversekeringspolis is, wat die verspreiding daarvan sal bepaal.

Lees die vorige berig hieronder:

Mabuza se familie baklei glo oor pensioenfonds, 17 September

Die oorlede adjunkpresident en voormalige premier van Mpumalanga, David Mabuza, se pensioenuitbetaling van R44,7 miljoen is volgens berigte die middelpunt van ‘n regstryd tussen sy nabye familielede.

Mabuza is op 3 Julie oorlede en is in Barberton ter ruste gelê.

Die ondersoekende joernalis, Mzilikazi wa Afrika, berig dat Tamara Silinda, Mabuza se dogter, ‘n dringende aansoek by die Hooggeregshof ingedien het om die finansiëlediensteverskaffer, Alexander Forbes, te verhoed om die volle pensioen aan sy vrou, Nonhlanhla Patience Mnisi, uit te betaal.

Tamara beweer in hofstukke dat Mabuza kragtens gewoontereg met haar ma, Emunah Silinda, getroud was.

Verder het Wa Afrika ‘n foto gedeel van Mabuza se doodsertifikaat, wat sou aandui dat hy nooit wettig getroud was nie.

Silinda se saak sal na verwagting Dinsdag aangehoor word.