100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Laeveld vrou vier 101ste verjaarsdag

Written by on December 13, 2024

‘n Gebore en getoë Laevelder vier môre ‘n spesiale mylpaal: Marie Erasmus word 101 jaar oud.

Haar dogter, Wilma, vertel sy is op 14 Desember 1923 in Lydenburg as Maria Elizabeth Schutte gebore waar sy op ‘n plaas grootgeword het.

Van haar drie jonger broers Gideon, Stoffel en Hannes leef Hannes op 84 jaar steeds.

Na huishoudskool by Lagersdrif het sy weermagopleiding ondergaan en is toe by Baragwanath-hospitaal geplaas.

“Sy het spesiale diëte uitgewerk vir pasiëte met sekere siektetoestand en spesiale behoeftes en dit ook self voorberei en seker gemaak elkeen kry hulle optimale hoeveelheid nutriënte in.

“Dit was haar passie in die lewe om almal te versorg, veral vir minderbevooregte mense. Sy het almal met soveel warm opregte, liefde bedien en die Here met haar hele hart gedien, elke dag,” sê sy.

In 1948 trou Marie met Willem Marthinus Erasmus. Hulle het sewe kinders.

Tans woon sy by Wilma en haar man wie Marie getrou versorg na sy twee beroertes gehad het.

“Ons loof en prys die Here elke dag vir haar. Sy het geen pyn en is genadiglik in ‘n baie goeie toestand. Ons dank die Here elke dag vir Sy groot genade oor haar.”

Marie het tot op 91 jaar saam met my lande toe gegaan tydens oestyd en tot op die ouderdom van 98 saam Barra vakansie gehou in Mosambiek.

Sy het 16 kleinkinders en (sover) 22 agterkleinkinders.

“Sy het altyd gesê sy skryf haar hoë ouderdom daaraan toe aan harde werk en die Here se genade,” sê Wilma.

Sien ook: Navorsers vind skugter olifant in Angola-oerwoud