100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Jongste aanval by Themba-hospitaal veroordeel

Written by on August 20, 2024

Die Demokratiese Verpleegkundige-organisasie van Suid-Afrika (Denosa) het die voortdurende aanvalle op gesondheidsgeriewe in Mpumalanga veroordeel.

In die jongste voorval het twee mense met gewapende lyfwagte glo personeel in die ongevallesaal by Themba-hospitaal in KaBokwheni aangerand en op mediese hulp aangedring.

Denosa se provinsiale sekretaris, Cyril Mdhluli, sê die veiligheid en sekuriteit van gesondheidsorgwerkers en pasiënte moet vooropgestel word:

Luister: ENG CyrilonWorkers

Intussen eis die DA dat die LUR vir Gesondheid, Sasekani Manzini, toesien dat dissiplinêre stappe gedoen word teen gesondheidswerkers wat die departement aanhoudend blootstel aan mediese nalatigheideise.

Bosman Grobler sê hierdie eise het opgehoop tot R9 miljard.

Die familie van ‘n man wat in Julie dood aangetref is buite Matikwana-hospitaal naby Hazyview is die jongste om ‘n eis teen die departement in te stel – van R40 miljoen.

Luister:

Sien ook: Ma gearresteer wat dalk baba vergiftig


×