Air Traffic & Navigation Services (ATNS) instrumentvlugprosedures, wat vlieëniers toelaat om te land in swak sigbaarheid, is deur die Burgerlugvaartowerheid goedgekeur vir gebruik by Kruger Mpumalanga Internasionale (KMI)-lughawe.
Dit na vlugte ontwrig is omdat vlieëniers, weens die opskorting van die instrumentvlugprosedures, nie in reënweer by die lughawe kon land nie.
Volgens Mphilo Dlamini, ATNS se hoof van korporatiewe sake en kommunikasie, is dit nou weer beskikbaar vir operasionele gebruik.
Luister:





