Groot vonds kokaïen by Lebombo gevind
Written by Mireille on December 6, 2022
Die polisie is opsoek na die eienaar en bestuuder van ‘n vragmotor waarin sowat 200 kg kokaïen Saterdag by Lebombo-grenspos gevind is.
Hy het Suid-Afrika van Mosambiek probeer binnekom toe sy vrag deursoek is.
Die dwelmvonds het ‘n geraamde straatwaarde van R29,3 miljoen.
Volgens polisiewoordvoerder, brig. Selvy Mohlala, het die bestuurder weggeglip en verdwyn.