100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Fleksie-skof kom vir meer sigbaarheid van spietkops

Written by on January 22, 2025

Tussen 1 Desember 2024 en 11 Januarie 2025 het 15 minder mense op Mpumalanga se paaie gesterf as in dieselfde feestyd die vorige jaar.

Padsterftes het tot 143 afgeneem, het die LUR vir Gemeenskapsveilidheid, Jackie Macie, gister aangekondig.

Hy beplan om ‘n fleksie-skof vir verkeersbeamptes in te stel om hul sigbaarheid op die gevaarlikste paaie te verhoog oor naweke en snags wanneer die meeste noodlottige ongelukke plaasvind.

Hy sê die feit dat 25 994 boetes in hierdie tydperk uitgereik is spreek boekdele oor bestuurders se gedrag.

Luister:

Sien ook: Silulumanzi werkers staak oor lone