Cake 4 CANSA eerste keer in Laeveld

Louise Liebenberg wou vir jare reeds iets doen vir KANSA om hulle in hul goeie werk te ondersteun. Sy organiseer Cake 4 CANSA, wat hopelik ‘n jaarlikse instelling sal word. Luister:

Kom wys jou spoed by Lowveld Torque Wars

Die Lowveld Torque Wars wil petrolkoppe ‘n veiliger plek bied om te wys hoe vinnig hulle regtig kan ry. Chris de Klerk en Marloe van Niekerk gesels met Sonop Ontbyt. Luister:

Plaaslike armdrukker hou aan seëvier

Janco Kok het in April sy armdruktitel by die Afrika-kampioenskappe in Ghana verdedig en weereens eerste plek in beide arms behaal. In Augustus het hy ook sy nasionale titel by die Nasionale Kampioenskappe suksesvol verdedig met nog ’n eerste plek in die Jeug-afdeling. Hy gesels met Sonop Ontbyt. Luister:

Gesoek! Beste nuwe Laeveld-musiekgroep

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met ‘n “Battle of the Bands”-kompetisie. Ettienne Coetzee en Werner Botha verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive. Luister hier: Laai jou video in die gesprek-seksie hier op om in te skryf.