Luilekker Sondag: Juan Bester

Juan Bester was Anne se plaaslike musikale gas tydens Luilekker Sondag. Luister weer:
Godly Revolution kom na Mbombela

Godly Revolution is op pad na Mbombela vir Jeugdag. Lize-Leane en Bernard Posthumus en past. Andre Greyling van Communio Kerk gesels met die Middag Game Drive. Luister weer:
Die risiko’s van Roblox

Roblox is ‘n baie gewilde aanlynspeletjie. Nicole Dos Santos van Penryn waarsku ouers egter teen die gevare wat hul kinders daar kan raakloop, en hoe om hulle daarteen te beskerm. Luister:
Viering van Afrikaans eersdaags ook in Kaapsehoop

Die Genootskap vir die Handhawing van Afrikaans het die bekende tenoor, Coert Grobbelaar, as hul Taalaktivis van die Jaar aangewys sy bedrae tot die bevordering van Afrikaans in 2025 toe Afrikaans 100 jaar herdenk het as amptelike taal en 150 jaar as nie-amptelik. Die Afrikaanse viering duur egter voort en op 27 Junie bied hulle […]
Safari Gids van die Jaar vier 15 jaar

Safari Gids van die Jaar is hierdie jaar 15 jaar oud. Die 2026 kompetisie vind plaas 18 tot 24 Junie. Vyf finaliste is reeds gekies en die finale sal in die Groter Kruger wees. Mike Karantonis, die stigter en ‘n beoordelaar, gesels met Sonop Ontbyt. Luister hier:
Innibos 2026 kom al nader – is jy IN?

Daar is minder as ‘n maand oor voor Innibos 2026 op 2 Julie afskop. Naranda Leeuwner sê vir Sonop Ontbyt die kaartjies verkoop flink en feesgangers moet veral produksiekaartjies opraap terwyl hulle nog kan. Luister:
Ondersteun KANSA met ‘n mini Comrades

Saterdag hou die Laeveld ‘n “Comrades” in die kleine ten bate van KANSA. Rinella Jansen van Vuren gesels met Kies Koers. Luister:
Plaaslike meesterspeler op pad na hokkiewêreldbeker

Carey Clarke van LVCC is een van drie Laevelders wat ingesluit is in die nasionale meesterspan vir die komende hokkiewêreldbeker. Sy gesels met die Middag Game Drive oor hoe sy die sport eers na skool begin beoefen het. Luister:
SA onderwysers brand uit
Uitbranding onder onderwysers in Suid-Afrika is ‘n krisis met tot soveel as 70% van opvoeders wat dit na berigte ervaar, en byna 50% wat die beroep binne hul eerste vier jaar verlaat. Danielle Beer van Penryn gesels met ons oor die uitdagings. Luister hier:
Hoe gemaak met teistering in die werkplek?

Linda Brenchley, ‘n bedryfsielkundige, verduidelik hoe algemeen en skadelik verskillende tipes teistering in die werkplek is, en wat jy daaromtrent kan doen. Luister hier: