Securicon: Ontmoet Gerald Erasmus
Hierdie artikel is deur die kliënt betaal.
SANParke waarsku besoekers aan wildtuin oor reëls voor Parkeweek
SANParke se jaarlikse Parkeweek bied Suid-Afrikaners die week van 7 September gratis toegang tot reservate. Dit veroorsaak gewoonlik ‘n toestroming, terwyl besoekers aan die park hulle toenemend skuldig maak aan wangedrag. Rey Thakhuli gesels met ons oor toeriste wat onlangs die park onregmatig betree het en besoekers wat op geslote paaie gestrand raak en gered […]
Polisie soek pangabende na nag van terreur buite Komatipoort
Die Mpumalanga polisie sê hulle is op soek na ‘n groep van vyf mans wat met pangas gewapen is en na vermoede Sondagaand ‘n vrou seksueel aangerand en ‘n sekerheidswag op ‘n plaas buite Komatipoort vermoor het. ‘n Polisiewoordvoerder, Jabu Ndubane, sê in die eerste voorval het ‘n minibus-taxi om ongeveer 20:00 die aand by […]
Kom wys jou spoed by Lowveld Torque Wars

Die Lowveld Torque Wars wil petrolkoppe ‘n veiliger plek bied om te wys hoe vinnig hulle regtig kan ry. Chris de Klerk en Marloe van Niekerk gesels met Sonop Ontbyt. Luister:
Pasop vir “visvangers”
Callum MacPherson van Securicon verduidelik die bekende “visvang”-metode wat diewe inspan om jou deur ‘n oop venster van jou eiendom te ontneem. Luister hier:
Gesoek! Beste nuwe Laeveld-musiekgroep

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met ‘n “Battle of the Bands”-kompetisie. Ettienne Coetzee en Werner Botha verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive. Luister hier: Laai jou video in die gesprek-seksie hier op om in te skryf.
Beloning uitgeloof vir gesoekte vermeende moordenaar

Die polisie in Mpumalanga het ‘n beloning van R100,000 uitgeloof vir inligting wat kan lei tot die inhegtenisneming en skuldigbevinding van een van die mees gesoekte vermeende moordenaars in die Calcutta-area. Phumulani Ezekiel Matsane (foto) word gesoek i.v.m. die skietdood van twee mans by ‘n taverne in Marite op 15 Mei 2023. Die polisie waarsku […]
Agt munisipaliteite in Mpumalanga begin Aarto implementeer

Die Mpumalanga Departement van Gemeenskapsveiligheid het op 1 Julie in agt munisipale gebiede begin met die implementering van die Aarto-wetgewing. Die woordvoerder, Moeti Mmusi, sê die Stad Mbombela, Nkomazi, Thaba Chweu, Steve Tshwete, Emalahleni, Thembisile Hani, Govan Mbeki en Lekwa is onder 62 munisipaliteite wat landwyd vir fase twee van die uitrol geïdentifiseer is. Met […]
Securicon: Maak so as jou voertuig gesteel word

Die onderhoud is deur die kliënt betaal.
Saak van moord ondersoek na twee tieners in Sabie sterf

Die polisie sê hulle ondersoek nou ‘n saak van moord na die liggame van twee tieners Maandag in ‘n lodge in Sabie ontdek is. Cameron Waldeck-Cooks (17) was ‘n gr. 11-leerder aan St. Stithians Girls’ College en Ethan Coetzee (19) ‘n oudleerder van die Boys’ College wat verlede jaar gematrikuleer het. ‘n Geregtelike doodsondersoekdossier is […]