Stem vir Coenie in volgende ronde van Skryf’it

Stemme is oop vir die volgende ronde van die FAK Skryf’it-liedjieskryfkompetisie. Ons eie rocker, klankman en omroeper Coenie Naudé het jou stem nodig om na die Top 5 deur te dring met “Geraas”. Jy kan twee keer stem: een keer met jou selfoonnommer (SMS AD1 na 45730) én een keer met jou e-pos-adres aanlyn. Luister […]

Ondersteun Loslitdag vir mense met gestremdhede

Vanjaar is Vrydag 4 September Loslitdag. Dominique Vogel van die Mpumalanga Association of & for Persons with Disabilities (APD) vertel hoe jy mense met gestremdhede kan ondersteun op dié dag. Luister:

Boere speel gholf vir landelike veiligheid

Die Sterkspruit-boeregemeenskap het ‘n oorspronklike tipe gholfdag bedink om fondse in te samel ten bate van hul gemeenskap. Andrew Dunn en Henry de Pradines vertel meer. Luister hier:

Beskerm jouself so teen swendelaars

Aanlyn swendelary neem toe met verneukers wat al hoe meer gesofistikeerd raak om slagoffers uit te oorlê. Juan Grobbelaar, die hoof van kredietverhoudinge by die Suid-Afrikaanse Bankrisiko-inligtingsentrum (Sabric) vertel vir Laeveld Brunch hoe jy jouself kan beskerm. Luister hier:

SANParke waarsku besoekers aan wildtuin oor reëls voor Parkeweek

SANParke se jaarlikse Parkeweek bied Suid-Afrikaners die week van 7 September gratis toegang tot reservate. Dit veroorsaak gewoonlik ‘n toestroming, terwyl besoekers aan die park hulle toenemend skuldig maak aan wangedrag. Rey Thakhuli gesels met ons oor toeriste wat onlangs die park onregmatig betree het en besoekers wat op geslote paaie gestrand raak en gered […]

Cake 4 CANSA eerste keer in Laeveld

Louise Liebenberg wou vir jare reeds iets doen vir KANSA om hulle in hul goeie werk te ondersteun. Sy organiseer Cake 4 CANSA, wat hopelik ‘n jaarlikse instelling sal word. Luister:

Polisie soek pangabende na nag van terreur buite Komatipoort

Die Mpumalanga polisie sê hulle is op soek na ‘n groep van vyf mans wat met pangas gewapen is en na vermoede Sondagaand ‘n vrou seksueel aangerand en ‘n sekerheidswag op ‘n plaas buite Komatipoort vermoor het. ‘n Polisiewoordvoerder, Jabu Ndubane, sê in die eerste voorval het ‘n minibus-taxi om ongeveer 20:00 die aand by […]

Pumas derde op Curriebeker-punteleer voor finale ronde

Die Griekwas bly steeds eerste op die Curriebeker-punteleer na hul 38-14 sege Vrydag oor die Airlink Pumas by Mbombela-stadion. Die Cheetahs wat ook 26 punte het is saam met die verdedigende kampioene reeds verseker van plekke in die halfeindronde. Hulle word gevolg deur die Pumas met 17 punte en die Boland Kavaliers met 16. Daar […]