ANC behou (skraal) meerderheid in Mpumalanga

Pront en plaaslik: Skakel in op 100.5FM vir Laeveld nuus in Afrikaans.

Die regerende ANC se steun het beduidend gedaal in Mpumalanga die afgelope verkiesing, maar die party kon steeds 51,15% van stemme op hom verenig, en wen 27 setels in die provinsiale wetgewer.

Die party kon in 2019 71% van die stem wen.

Die MK Party is die nuwe amptelike opposisie in die provinsie met 16,97% van die stem wat aan hulle nege setels besorg.

Die EFF (13,87%) het sewe setels, en die DA wat ietwat gegroei het tot 12,02%, het ses.

Die VF Plus kon hul setel behou en Action SA het vir die eerste keer ‘n setel gewen.

Sien ook: Lowveld Food Sock voer vier in japtrap – Radio Laeveld