Die Grensbestuursowerheid (GBO) sê hy beweeg weg van ondoeltreffende kontroles na doelgerigte onderskeppings wat deur intelligensie en tegnologie gedryf word, om oorgrens voertuigsmokkelary te bekamp.
Die voertuigteikenstelsel span kameras in om gesteelde voertuie, gekloonde nommerplate en vervalste dokumente van eienaarskap te identifiseer.
Die kommissaris van die GBO, Michael Masiapato, het gister die bekendstelling by die Lebombo-grenspos buite Komatipoort behartig.
Hy sê die verdagte voertuie sal verder ondersoek word deur die owerheid, terwyl die beweging van wetlik voldoende voertuie gefasiliteer word.





