‘n Ondersoek is geloods na ‘n botsing waarin vier mense Saterdagoggend op die R577 tussen Roossenekal en Mashishing gesterf het.
Volgens die Mpumalanga Departement van Gemeenskapsveiligheid is een persoon beseer.
Daar word vermoed dat die bestuurder van die Volkswagen beheer verloor het, waarna die voertuig omgeslaan het.
Die vier oorledenes sluit in die bestuurder en drie passasiers.
Nog vier mense is oorlede toe ’n minibus-taxi Vrydag op die R40 tussen Mbombela en Barberton naby Hilltop omgeslaan het.
Nege mense is beseer.





