Nuwe kleertjies vir pretpark se skamel geklede keiserinne

‘n Groep ma’s het tydens verlede jaar se Innibos besluit die kunswerke van skamel geklede vroue by die pretpark op die feesterrein is nie ideaal om kinders aan bloot te stel nie.

Annali Schutte en Caria Harms het intussen saam met die fees, die pretpark-bestuur en Hoërskool Bergvlam gewerk om dit vanjaar met meer kindervriendelike ontwerpe te vervang.

Gemeenskapslede het ook hand bygesit om vir die dames behoorlike nuwe tabberds te laat druk en op te plak.

Luister hier: