Die polisie sê die soektog duur voort na ‘n student wat vermis geraak het toe die voertuig waarin hy saam met twee ander gereis het Sondagoggend vroeg in die Krokodilrivier buite Mbombela beland het.
Zenande Chiloane se selfoon is in die sportnutsvoertuig gevind wat hulle Sondag uit die rivier herwin het.
Die liggame van ‘n 20-jarige man en jong vrou is in die voertuig vasgekeer gevind.
Die departement van gesondheid het ‘n helikopter ontplooi om die soektog te ondersteun en twee private sekuriteitsmaatskappye help met hommeltuigtoerusting om soekpogings te verbeter.
Die polisie sê die K9 soek- en redeenheid het onttrek na geen bewyse langs die rivieroewer gevind kon word nie.




