Die polisie sê ‘n 29-jarige verdagte is i.v.m. ontvoering en moord vir ondervraging ingeneem.
Dit na drie mense gister in bosse in Hazyview onherkenbaar verbrand gevind is.
‘n Woordvoerder vir die Mpumalanga polisie, kol. Mavela Masondo, sê ‘n ondersoek is aan die gang om vas te stel of die slagoffers die drie mans is wat op 14 April in Nelspruit as ontvoer aangemeld is.
Luister:
Volgens Masondo het twee gewapende verdagtes dié betrokke dag ‘n plaas bestorm en die mans saam met hulle weggeneem.
Hulle het ook een van die slagoffers se bakkie gebuit.




