Man ingeneem vir ondervraging na verbrande liggame in Hazyview ontdek is

Die polisie sê ‘n 29-jarige verdagte is i.v.m. ontvoering en moord vir ondervraging ingeneem. Dit na drie mense gister in bosse in Hazyview onherkenbaar verbrand gevind is. ‘n Woordvoerder vir die Mpumalanga polisie, kol. Mavela Masondo, sê ‘n ondersoek is aan die gang om vas te stel of die slagoffers die drie mans is wat […]