Noorde van Krugerwildtuin begin heropen

Oornagbesoekers word nou weer in dele van die noorde van die Krugerwildtuin verwelkom, na kampe en toegangshekke weens oostromings moes sluit.
Die Phalaborwa-hek en Phabeni-hek kan gebruik word.
Bateleur-boskamp heropen môre.
Mopani-ruskamp sal teen Vrydag heropen, buiten vir die restaurant en swembad.
Letaba en Shingwedzi sowel as Pafuri bly ontoeganklik en gesluit.
Orpen-hek is slegs beskikbaar vir oornagbesoekers en noodsaaklike aflewerings.
Grondpaaie bly gesluit.
Rey Thakhuli van die wildtuin vertel meer oor die Kruger-herstelfonds.
Luister:

Die wildtuin het ook sy waardering uitgespreek teenoor alle skenkers en vrywilligers vir hul ondersteuning deur humanitêre hulp (foto).

Die bankrekeningbesonderhede vir die fonds is: Kruger Recovery Fund, FNB, 63192806091.