Hardlopers wat hul Comrades- en Two Oceans-drome in 2026 najaag, sal hul fokus op Mpumalanga vestig wanneer die TRAC N4 Elands-marathon op 28 Februarie plaasvind.
Die marathon word beskou as die vinnigste Comrades-kwalifiseerder in die provinsie.
Sedert sy terugkeer in 2022 het die wedloop ‘n sterk reputasie opgebou as ‘n moet-hardloop-byeenkoms wat atlete ‘n seldsame kombinasie van spoed en natuurskoon tussen Waterval Boven en Ngodwana bied.
Dit sluit ook ‘n halfmarathon in. Inskrywings sluit 11 Februarie en geen laat inskrywings word aanvaar nie.
Stuur ‘n e-pos na [email protected] of bel 082-801-3600.





