ActionSA eis aksie oor Lily-myn amper 10 jaar later

ActionSA eis dat die Minister van Polisie en die Minister van Minerale en Petroleumbronne dringend rekenskap gee van die toenemende verspreiding van onwettige mynbou.

Dit volg op die ontdekking van die liggame van twee mans by Lily-myn in Low’s Creek gisteroggend.

Athol Trollip, ActionSA se Parlementêre leier, sê amper 10 jaar na die Lily-myn tragedie bly die liggame van drie mynwerkers ondergronds vasgekeer, terwyl onwettige mynbou toegelaat word om onverpoosd te verprei. 

Luister:

Die polisie ondersoek die ontdekking van die liggame van die twee mans.

Volgens ‘n woordvoerder van die Mpumalanga-polisie, luit. kol. Jabu Ndubane, is hul liggame op die toneel aangetref, bedek met komberse. 

Die een man is nog nie geïdentifiseer nie.

Luister: