Die polisie ondersoek twee moordsake na die ontbindende liggame van twee vroue gistermiddag in hul huis ontdek is in Kamagugu buite Nelspruit.
Bure het glo bekommerd geraak oor die reuk en vlieё rondom die huis, wat gesluit was.
Die polisie het geen teken van ‘n inbraak gewaar nie, maar die huis binne was geplunder en die jong vrou van 20 jaar oud se hande was met kabels vasgebind.
Daar was ook ‘n kabel om haar nek en daar was bloedspatsels in die kamer.
Die slagoffers is geïdentifiseer as die 64-jarige Eunice Mahlodi en Eugenia Masuku.
‘n Polisiewoordvoerder, luit. kol. Jabu Ndubane:





