Na jare se binnegevegte oor hoe om die oorbevolking van wild in Marloth Park op te los, is honderde diere onlangs verwyder en na Balule-wildreservaat in Hoedspruit verskuif.
Soveel as 600 rooibokke, 150 koedoes, 150 vlakvarke, 80 bosbokke, 45 sebras, 40 wildebeeste en 20 kameelperde is verwyder.
Foto’s ter illustrasie: Ruth Smit
Cindy Benson, die voorsitter van die belastingbetalersvereniging, vertel hoe die Nasionale Raad van Dierebeskermingsverenigings betrokke geraak het na baie diere die afgelope twee jaar weens honger gevrek het.
Luister weer:








